Finansiële Oorsig
Die verdienste van R37,8 miljoen, vir die ses maande geëindig 31 Augustus 2022, verbeter met 30,3% vergeleke met die ooreenstemmende periode van die vorige jaar. Indien die wins uit die beëindigde bedrywe van R2.0 miljoen buite rekening gelaat word is die verdienste van R35,8 miljoen, 13,7% beter. Die wesensverdienste per aandeel vir die ses maande van 194.2 sent per aandeel is 15,0% beter vergeleke met die sent per aandeel van die ooreenstemmende periode van die vorige jaar.
Die beter Groepsresultate word hoofsaaklik toegeskryf aan die styging in winsbydraes van die Handelsafdeling, Abattoirs en SA Dorper (Huide en velle). Die Brandstofafdeling se resultate is laer as die vorige jaar terwyl Carpe Diem Raisins se resultate ook laer is weens laer tonnemaat verkope alhoewel beter verkooppryse realiseer is as die vorige jaar. Die laer verkoopsvolumes van Carpe Diem Raisins word toegeskryf aan die logistieke oponthoud en vertraging van houers en beskikbare skeepsvragruimte.
