{"id":2320,"date":"2022-12-09T08:42:17","date_gmt":"2022-12-09T06:42:17","guid":{"rendered":"https:\/\/preview.infoworks.biz\/klk\/?p=2320"},"modified":"2022-12-09T08:54:59","modified_gmt":"2022-12-09T06:54:59","slug":"staan-saam-teen-bek-en-klouseer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/preview.infoworks.biz\/klk\/2022\/12\/09\/staan-saam-teen-bek-en-klouseer\/","title":{"rendered":"Staan saam teen Bek-en-Klouseer"},"content":{"rendered":"\n
TEN SPYTE VAN streng beheer gebeur dit steeds dat bek-en-klouseer sporadies in Suid-Afrika voorkom.<\/p>\n\n\n\n

Die onus rus op almal betrokke by die dieregesondheidsbedryf asook eienaars van diere om hierdie siekte te probeer beheer en ook betyds te identifiseer.<\/p>\n\n\n\n

Bek-en-klouseer self veroorsaak nie veel vrektes nie, maar is katastrofies vir kommersi\u00eble boerderye omdat dit produksie belemmer en die uitvoer van enige landbouproduk na ontwikkelde lande verhoed.<\/p>\n\n\n\n

In reaksie op die onlangse uitbreking in Gauteng, Noordwes en die Vrystaat, het James Faber, voorsitter van die Nasionale Rooivleis-produsente-organisasie (RPO), ges\u00ea dat \u2019n naspeurbaarheidstelsel geskep moet word.<\/p>\n\n\n\n

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwik-keling, Thoko Didiza, het ges\u00ea haar departement doen alles in hul vermo\u00eb om die siekte in die kiem te smoor. Besmette diere in die gemelde gebiede word uitgeslag.<\/p>\n\n\n\n

Bek-en-klouseer is \u2019n hoogs aansteeklike virussiekte. Die virus (\u2019n aphthovirus uit die Picornaviridae-virusfamilie) word aan vatbare diere oorgedra deur regstreekse kontak met besmette diere, besmette stalle of voertuie wat vir die vervoer van lewende hawe gebruik word.<\/p>\n\n\n\n

Die klere en vel van mense wat diere hanteer, stilstaande water en ongekookte voedselreste en byvoedings wat besmette diereprodukte bevat, kan ook die virus oordra.<\/p>\n\n\n\n
Beheermaatre\u00ebls sluit kwarantyn, die vernietiging van besmette lewende hawe en \u2019n verbod op die uitvoer van vleis en ander produkte na lande wat nie met die siekte besmet is nie, in.<\/p>\n\n\n\n

Daar word gemeen dat daar sewe hoofsoorte bek-en-klouseer-virusse bestaan. Soos ander virusse, ondergaan hulle voortdurend \u2019n ewolusieproses en muteer hulle. Dit maak dit moeilik om \u2019n entstof te ontwikkel, omdat daar groot variasies tussen serotipes voorkom.<\/p>\n\n\n\n

\u2019n Bek-en-klouseer-entstof moet \u2019n besonder spesifieke werking ten opsigte van die betrokke variant h\u00ea. Inenting verskaf slegs tydelike immuniteit wat vir etlike maande tot \u2019n paar jaar kan duur.<\/p>\n\n\n\n

Lande wat gesertifiseer is as vry van bek-en-klouseer sonder inenting het die grootste toegang tot uitvoermarkte en daarom werk ontwikkelde lande soos Kanada, die VSA en die Verenigde Koninkryk hard om hul status te behou.<\/p>\n\n\n\n

KLK-handelstakke het die bre\u00ebsprektrum-ontsmetmiddel, Virocid, beskikbaar wat vir die beheer van bek-en-klouseer gebruik kan word. Hierdie middel kan in voetbaddens gebruik word asook om stalle en voertuie te ontsmet.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
TEN SPYTE VAN streng beheer gebeur dit steeds dat bek-en-klouseer sporadies in Suid-Afrika voorkom. Die onus rus op almal betrokke by die dieregesondheidsbedryf asook eienaars van diere om hierdie siekte te probeer beheer en ook betyds te identifiseer. Bek-en-klouseer self veroorsaak nie veel vrektes nie, maar is katastrofies vir kommersi\u00eble boerderye omdat dit produksie belemmer […]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":2339,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[19],"tags":[],"class_list":["post-2320","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-klk-nuus"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/preview.infoworks.biz\/klk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2320","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/preview.infoworks.biz\/klk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/preview.infoworks.biz\/klk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/preview.infoworks.biz\/klk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/preview.infoworks.biz\/klk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2320"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/preview.infoworks.biz\/klk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2320\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2323,"href":"https:\/\/preview.infoworks.biz\/klk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2320\/revisions\/2323"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/preview.infoworks.biz\/klk\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2339"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/preview.infoworks.biz\/klk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2320"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/preview.infoworks.biz\/klk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2320"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/preview.infoworks.biz\/klk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2320"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}